Uitsonderlike 442 ha plaas met volop water, hoë landbou-potensiaal
Hierdie bees-, besproeiings- en wildplaas naby Modimolle minder as 15km uit die dorp.
Een titelakte, geregistreer in ’n maatskappy (BTW-geregistreer). Die eiendom kan uit die huidige maatskappy gekoop word.
’n Grondpad verdeel die plaas in twee gedeeltes van ±90 ha en ±352 ha.
Hoofhuis:
Ruim 4-slaapkamer plaashuis, 4 badkamers.
Oopplan sit- en eetkamer.
Studiekamer, kombuis met aparte opwas.
Groot stoep.
Swembad en boma/braaiplek.
Bykomende akkommodasie:
Omgeboude stalle as gastehuis met verskeie kamers, badkamers, kombuis en kuierarea.
Ander infrastruktuur:
Groot stoor 9m x 12m - en voerkamers.
Slagkamer met koelkamer.
Wildheining:
Volledig met wildheining met beeskampe.
Water en Besproeiing
4 boorgate (3 toegerus), verskeie gronddamme, besproeiingsopgaardam, sementvis-teeldamme.
Infrastruktuur vir spilpuntbesproeiing; ±150 ha bewerkbare grond.
Die Klein Nylrivier vloei deur die plaas;verskeie visgevulde damme.
Geregistreerde waterregte vir ±180 ha en ’n 15 ha spilpunt (3 toring + oorhang).
Bees- en Skaapboerdery
Goed ontwikkel vir vee en gemengde boerdery.
Voorheen Brahmanstoet; dra gemaklik ±120–150 beeste of ±400 skape.
Kampe met veelvuldige waterpunte, hanteringsfasiliteite, staal-krale, uitgebreide onderdak skaaphantering en voerkampe.
Vrylopende wild sluit in: koedoe, impala.
Prys: R13,5 miljoen (BTW uitgesluit indien betaalbaar).